Oppi-Plaas Fees 2025
This is an editor’s view of the event details and is only visible to administrators, editors and the post author. Click on the button at the bottom to edit or delete the post.
Event Details
Title:
Start Date:
End Date:
Times:
10:00
Is this a repeating event?
No
Short Description (Excerpt):
Maak reg vir die Oppi-Plaas Fees in Dullstroom 2025…
Description:
Die Oppi-Plaas Fees vind plaas op 14-15 Junie, en dit gaan ‘n naweek wees wat jy glad nie wil mis nie! Twee dae van pure Afrikaanse gees, waar familie en vriende saam kuier, sing, en dans soos net ons kan.
Wat om te verwag wanneer jy jou kaartjies koop:
Kindervermaak: Die kleingoed gaan propvol energie wees met al die pret wat ons vir hulle gereed het! Ons het selfs ‘n spesiale Kinderarea waar mamma en pappa hul kinders veilig kan laat speel terwyl hulle die terrein verken. Onthou om iets warms saam te bring vir jou kleinding.
REUSE Biertent: Geniet ‘n koue bier in die geselskap van goeie vriende – die ideale plek om af te skakel en net lekker te kuier.
Kos- en Stalletjies: ‘n Wye verskeidenheid smullekker kos en unieke stalletjies wag op jou. Van boereworsrolle tot handgemaakte produkte, hier is iets vir elke smaak!
Afrikaanse Musiek: Kom sing en dans saam met top Afrikaanse kunstenaars! Die musiek en atmosfeer gaan jou voete laat jeuk en jou hart laat warm klop.
Landbou Skou: Ontdek die beste van plaaslewe met ons landbouskou! Kom kyk na die landbou-uitstallings en leer meer oor die jongste innovasies in die landboubedryf.
Vier Vadersdag 15 Junie met ‘n Lekker Spitbraai by die Oppi-Plaas Fees!
Met sappige vleis op die spit, vars plaasgebakte bykos, en vermaak vir jonk en oud, is dit die perfekte manier om vir Pa te wys hoeveel hy vir jou beteken. Neem asb kennis spitbraai kaartjies moet voor die tyd gekoop word en sal ongelukkig nie beskikbaar wees op die dag self nie.
Saterdag Program
- Hennie de Bruyn en die Kitaarkêrels
- Eloff
- Nicholis Louw
- Moonshine Country Blues Band
- Brendan Peyper
- Appel
- MC Matie van Graan
Vadersdag Sondag Program
- Voorlesing & Gebed
- Moonshine
- Corlea Botha
- Ricus Nel
- MC Matie van Graan
Neem asb kennis van die volgende terme en voorwaardes:
- Geen koelsakke, eie alkohol, kos of gazebo’s word toegelaat nie
- Geen Minderjariges in biertent nie
- Parkering is ingesluit by prys
- Bring asb jou eie stoel en komberse
- VIP en Goue sirkel kaartjie gaste kry stoele by die fees
- Kinders onder 6 kry gratis toegang
Venue / Location
Location Name:
The Outpost Dullstroom
Address:
Machadodorp Road, Mpumalanga, Dullstroom, South Africa
Province:
Mpumalanga
Region:
All Mpumalanga Regions
Town / City:
Other Mpumalanga Towns
Website:
http://www.theoutpostdullstroom.co.za/
Email:
bookings@theoutpostdullstroom.co.za
Telephone:
Mobile Phone:
(082)-876-5629
Pricing & Booking Information
Booking Website:
Pricing Information:
Categories and Tags
Event Categories:
Event Organiser
Organiser Name:
The Outpost Dullstroom
Phone:
Email:
Website/URL:
http://www.theoutpostdullstroom.co.za/
Gallery Images
