Steve Hofmeyr | Ikoon Konsert – Pretoria

This is an editor’s view of the event details and is only visible to administrators, editors and the post author. Click on the button at the bottom to edit or delete the post.

Event Details

Title:

Steve Hofmeyr | Ikoon Konsert – Pretoria

Start Date:

1 March 2025

End Date:

1 March 2025

Times:

11:00

Is this a repeating event?

No

Short Description (Excerpt):

Steve Hofmeyr se reuse Ikoon-konsert op Saterdag 1 Maart 2025 bring die room van Suid-Afrika se kunstenaars byeen vir een onvergeetlike aand om Steve se 60ste lewensjaar te vier…

Description:

Steve Hofmyer word 60 jaar oud! | Die Steve Hofmyer Ikoon-Konsert!

Steve Hofmyer | Juanita du Plessis | Kurt Darren| Ricus Nel | Andriette Norman | Pieter Smith | Bobby van Jaarsveld | Karlien van Jaarsveld | Armand Hofmyer | Bok van Blerk | Nadine

Pretoria, is julle reg! Steve Hofmeyr se reuse Ikoon-konsert op Saterdag 1 Maart 2025 bring die room van Suid-Afrika se kunstenaars byeen vir een onvergeetlike aand om Steve se 60ste lewensjaar te vier in ‘n grootskaalse produksie waarin hulle sy groot treffers gaan sing. Die Ikoon-konsert by die groot Moreleta Kerk Auditorium plaas die vergrootglas op Steve se roemryke nalatenskap.

Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Kurt Darren, Jay du Plessis, Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Ricus Nel, Demi-Lee Moore, Armand Hofmeyr, Nadine en Bok van Blerk vorm deel van die produksie.

“Steve het ‘n enorme verskeidenheid uiters gewilde liedjies wat deur ons land se gewildste kunstenaars gesing gaan word, en hy gaan natuurlik saam sing,” sê konsert-organiseerder Jacques du Plessis, sameroeper van die onlangse Theuns Jordaan Tribute-konserte op Loftus Versfeld en die DHL Stadion.

“‘n Verskeidenheid kos en drank gaan te koop wees en ons gaan lekker feesvier! “Steve word al die afgelope sewe jaar uit groot verhoogproduksies gehou. Dit terwyl hy in sy indrukwekkende loopbaan ‘n reuse bydra gelewer het om die gehore en verhoë te bou wat die grondslag gelê het vir ons groot konserte.

“Dit gaan ‘n baie besonderse vertoning wees, en iets wat Pretoria vir ‘n baie lang tyd sal onthou,” sê Du Plessis.

“Die konsert lê ons na aan die hart. Hy verdien na soveel jaar in die bedryf dat sy musiek en persona op hierdie besonderse aand gevier kan word deur ons land se beste Afrikaanse kunstenaars sowel as sy aanhangers.

“Ek kan nie wag om Antie Stienie se gesig op twee reuse skerms langs ‘n groot verhoog te sien nie terwyl ons land se beste stemme saam uit volle bors ‘Agter Elke Man’ sing. Kan jy jou indink!”

Venue / Location

Location Name:

Moreleta Kerk

Address:

1353 De Villebois Mareuil Drive, Pretoriuspark, Pretoria, South Africa

Province:

Gauteng

Region:

Northern Gauteng

Town / City:

Pretoria

Website:

Email:

info@moreleta.co.za

Telephone:

(012)-997-8000

Mobile Phone:

Pricing & Booking Information

Booking Website:

https://itickets.co.za/events/479366

Pricing Information:

Grondvlak Voor (Ry A-E) – R 895

Grondvlak Voor (Ry F-T) – R 750

Grondvlak Agter (Ry A-C) – R 605

Grondvlak Agter (Ry D-S) – R 460

Balkon 1 – R 495

Kant Areas – R 250

Balkon 2 – R 350

Categories and Tags

Event Organiser

Organiser Name:

Phone:

Email:

Website/URL:

Gallery Images